ATK Vee Toerusting is ‘n familie besigheid wat in 2014 onder ‘n koelteboom in Marken, Limpopo ontstaan het.
Met ‘n enkele voerbak, waterkrip en ‘n omgedopte bakkieband moes ons eers kruip. Ons deursettingsvermoë, missie om ‘n bekostigbare – maar gehalte produk te skep en visie van tevrede kliënte, het ons laat groei om vandag trots te kan loop.
Die aanvraag na ons produkte, het ons bedieningsarea vinnig laat eskaleer en moes ons die besluit neem om meer sentraal te skuif sodat daar nie op bekostigbaarheid ingeboet word nie. Ons is tans geleë in Bethal, Mpumalanga.
Ons het ‘n missie om produkte met bekostigbare pryse, maar van uitstaande gehalte te skep en te lewer. Deur te luister na boere se klagtes en aanbevelings, poog ons om op hoogte van behoeftes wat ontstaan te bly en is ons dan ook gedurigdeur besig om aanpassings te maak en nuwe produkte te implementeer wat VOLHOUBAAR is in die geharde omstandighede (ekonomies en natuurlik) waarmee boere daagliks te doen het.
Ons het vandag ‘n “in die veld getoetste” produklys met meer as 45 items. Al ons produkte het ‘n 2jaar vakmanskap waarborg en ons huiwer nie ‘n oomblik om daardie waarborg gestand te doen nie.
Min ewenaar die droom om te bou aan ‘n toekoms!!
